Welkom by ONSRADIO

Hier kuier ons saam rondom die lekker dinge in die wereld .... soos regte musiek met baie in Afrikaans, lekker stories met 'n smaail-oppie-daail storielyne asook vrek-lekker radio"sepies" !

Kliek op die ONSRADIO speler hierbo om saam te luister ...... die horlosie gee ons die tyd in NZ, waarvandaan ons uitsaai ! Lekker luister !

Gesels met ons by onsradio@onsradio.com

Gereeld op ONSRADIO

Vervolgverhaal - BRIEKAANDRAAI

Ons het baie lekker geluister na KATBOSBULT die afgelope 6 maande, maar nou, soos alle goeie dinge, het ons aan die einde gekom van hierdie storie en beweeg ons na ons volgende lekker, lekker radiovervolgverhaal (radiosepie !) oor die mense van BRIEKAANDRAAI wat vanaf Maandag, 4 Desember te hore sal wees op ONSRADIO ......

Elke weeksdag om 13:00, met 'n herhaling om 22:00, word die doen en late van ons mense op hierdie dorpie, waar die plaaslike koerant en die nuwe radiostasie mekaar pak en die nuwe verbypad inwoners onrustig het !!

Die week se 5 episodes word elke Saterdag tussen 08:00 en 09:00 herhaal in 'n omnibus .... lekker luister !

Afrikaanse TOP20 deur Pieter Cloete

Elke Sondag om 21:00, luister ons saam as Pieter Cloete vir ons die vorige week se lys Afrikaanse TOP20-treffers aankondig ... en speel ! 'n Uur van lekker voete-uit-die-skoene-skop musiek om die litte lekker los te kry !

Hierdie Afrikaanse TOP20 word elke dag op verskillende tye herhaal, net om seker te maak dat almal, dwarsdeur die wereld, kry 'n kans om te luister !!

40 Jaar gelede.....

Bonnie Tyler met "Total Eclipse of the Heart" in posisie #1 vie meer as 10 weke (1983) op die Springbok Radio Top20

Wie sal hierdie lirieke vergeet ....

"And if you only hold me tight
We'll be holding on forever

And we'll only be making it right
'Cause we'll never be wrong
Together we can take it to the end of the line
Your love is like a shadow on me all of the time (All of the time)
I don't know what to do and I'm always in the dark
We're living in a powder keg and giving off sparks
I really need you tonight
Forever's gonna start tonight
Forever's gonna start tonight

Kontak ons.....